fbpx

'n Paar basiese beginsels is al wat u benodig

Waarom moet ons sonkook oorweeg?

Dis gratis, skoon en opwindend. Met die regte toerusting soos die Patio Sonoond kan jy elke keer reken op die perfekte kook en gebak 

Hoekom nie? 

In Suid Afrika het ons meer as genoeg sonskyn en met die regte toerusting soos die Patio Sonoond, wag dit net vir jou om die son in te laat.

 

Hoe om die oond te orienteer vir optimale temperature?

  • Die oond is ontwerp om feitlik enige maaltyd te kook sonder om dit gedurende die kookproses te verstel. Dit sal egter hoër temperature bereik en vinniger kook as u die oond meer direk na die son verskuif. 
  • Haal die bedekking af en verskuif die oond direk in die son 
  • Draai die oond sodat die oond se skaduwee aan die agterkant van die oond is. 
  • Maak die boonste deksel oop en verseker dat die refleksie vanaf die deksel direk op die swart area binne die oond val. Hierdie refleksie is noodsaaklik, aangesien dit die temperatuur binne die oond met 'n verdere 20% verhoog
  • Deur die oond 30 minute "voor" die son te draai en te wag tot 30 minute "na" die son voordat u dit weer orienteer, is 'n baie praktiese manier om gerieflik te kook. 

Hoe om die elektriese rugsteun en die son saam te gebruik?

Die Patio Sonoond is toegerus met 'n 200watt elektriese element onder die swart aluminium kook area. 

Die element was oorspronklik bedoel as 'n rugsteun om die temperatuur in die oond te handhaaf in bewolkte weer, maar dis nou baie handig om die oond vinniger warm te maak, teen hoër temperature te kook of bak en gebak verder te verbruin. 

Indien u reeds sonpanele en battery krag het, kan u die elektriese element na willekeur gebruik, aangesien dit steeds sonkrag is. Die gebruik van termiese en fotovolaiese energie is ou tegnologie wat reeds jare in solar warm warer stelsels gebruik word.

U moet net verseker dat daar altyd 'n gereg in die oond is wanneer die element en die son saam gebruik word, om te verhoed dat die temperatuur nie te hoog styg nie.  

Waarom bestaan die deurskynende deksel uit twee lae?

In boks oonde ontsnap hitte normaalweg deur die deurskynende deksel. 

Die lug tussen die twee lae is 'n uitstekende isoleerder en 'n noodsaaklikheid om hitte binne te hou. 

Hoe word die Patio Sonoond warm?

'n Motor met toe vensters word baie warm in direkte son sonder dat daar elektrisiteit by betrokke is. Dis die beginsel waarop die oond werk. Maksimum son word ingelaat, dit kan nie ontsnap nie en word dus deur die kos in die kastrolle opgeneem.

Aangesien dit ook elektries werk, kan hierdie proses verhaas word.

Hierdie gerief is standaard tegnologie in baie solar geysers en ons pas dit met groot sukses in die sonoond toe.  

Hoe om pap in die oond te maak?

Ons verskaf huidig nog nie resepte nie, maar moedig gebruikers aan om hul beproefde resepte in die Patio Sonoond te probeer.

Om pap te kook, plaas al die bestanddele in die pot, roer en plaas in die oond totdat die water opgeneem is. Roer die pap weer en los dit in die oond totdat dit gaar is.

Onthou, hoe langer jy pap kook hoe lekkerder word dit en in die Patio Sonoond kan dit nie brand nie. As die pap gaar is en jy maak die boonste plastiek deksel ook toe, sal jou pap warm bly vir ure.

Hoe om groente in die oond te kook of bak?

Die goue reël met groente is om dit sonder water te kook of bak. Nuwe sonkokers moet net 'n aartappel sonder water in 'n potjie sit en dit in die oond los tot gaar. Dis die resep vir alle groentes.

Hoe om potjiekos in die Sonoond te bak?

Potjiekos in die sonoond is baie lekker en eenvoudig. Ons hoef nie, maar ons gebruik soms die elektriese krag saam met die son totdat die verlangde tekstuur en hitte verkry is. Daarna skakel ons die krag af neem die son oor. Andersins kan u ploot eksperimenteer en is ons oortuig dat jy altyd tevrede sal wees met die eindresultaat.

Watter potte is die beste vir sonkook?

Die potte wat ingesluit is by die oond is ideaal. Swart, dunwandig met deursynende deksels sodat jy nie die oond hoef oop te maak om te sien wat binne aangaan nie. U kan egter enige pot gebruik wat hoë temperature kan weerstaan. Swart en donker kleure is die beste. 

Die foto hierbo is van 'n lam ribbetjie in 'n kasserol. Sonkook is baie "sag" op potte omdat dit nie aanbrand nie en dus nie geskuur hoef te word nie.

Hoe om beskuit in die Patio Sonoond te droog?

Die droog van beskuit is veral in tuis bakkerye 'n baie duur en tydsame proses aangesien u die oonddeur moet oop los en die oond ook nie verder vir bak gebruik kan word nie. .

Die Patio sonoond het 4 gekroomde droograkke watb op mekaar pas. Die deurskynende deksel het twee openinge, een hoog en een laer, wat 'n natuurlike vloei van lug deur die oond verseker om die droogproses te bespoedig.

U kan die temperatuur in die oond verlaag deur die oond nie direk na die son te wys nie en ook die hoek van die boonste deksel te verklein.

Hoe om in die Patio Sonoond te bak?

Omdat die oond sulke hoë temperature bereik, is dit baie lekker om daarin te bak. Ons hoef nie, maar ons gebruik feitlik altyd aanvanklik die elektriese rugsteun om die temperatuur verder te verhoog, veral as ons iets groots bak.

Gebruik een van u beproefde resepte en bak dit net langer omdat die temperatuur in die sonoond effe laer is.

Hoe om konfyt in die Patio Sonoond te maak?

Vars tusgemaakte konfyt het een van ons gunsteling gebruike van die oond geword. Gewoonlik moet konfyt konstant geroer word om oorkook en 'n groot gemors te verhoed.
Nie in die sonoond nie. Berei u konfyt voor op presies die selfde manier as voorheen, net in 'n pot met 'n deksel en sit dit in die oond. Dit hoef nie geroer of na gekyk te word nie.
Net om aan die veilige kant te wees, sit u pot met konfyt in 'n kasserol. Jy sal gou weet hoeveel om te kook en wat om te verwag. Moet net noem dat jy nie sommer teleurgesteld sal wees nie.

Hoe om beet te kook vir inlê?

Plaas beet in 'n pot sonder water in die oond en orienteer die oond in die son. Oor 'n paar uur sal dit saggekook wees en jy kan jou gunsteling resep voorberei. Onthou, jy kan sommer die lee bottels in die oond sit om te steriliseer terwyl die beet kook.

Hoe om te kook en bak vir wins?

Toetse met die vorige model Patio Sonoond het getoon dat 'n minimum loon in SA van R2500 wins per maand verdien kan word deur elke dak slegs muffins te bak en verkoop. Hierdie inkomste sou drasties verhoog kon word indien gebak verder versier sou word vir bv. partytjies.
In die ontwerp van die nuwe oond het ons hierdie resultate in gedagte gehou en dit vorm nou die basis van ons kleinbesigheids ontwikkelings projek naamlik, mobiele solar bakkerye vir arm gemeenskappe.

Hoe om kos warm te hou in die oond?

Die Patio Sonoond is baie effektief geisoleer. Selfs die boonste deksel dien as addisionele isolasie om kos binne die oond warm te hou indien dit toegemaak word.

Hierdie blad word deurlopend opgradeer met nuwe inligting

Indien u spesifieke hulp verlang?

afAfrikaans
en_USEnglish afAfrikaans